La Vie Herbs

La Vie Kruie Landbou Boerekos Vraelys
 

Vertel meer van jul plaas/onderneming? Waar is julle geleë, hoe groot is die boerdery, waarmee
boer julle alles, hoe oud is die boerdery en wie is almal betrokke (as dit ‘n familieonderneming of
vennootskap is)?

Ons plaas is in die Sentraal Vrystaat geleë en La Vie kruie Edms Bpk lewer 12 verskillende soorte kruie
aan Freshmark.

Hoekom en wanneer het jy begin boer met kruie?

In 2018 het my gesondheid vereis dat ek alle kleur, geur en preserveermiddels uit my dieet sny. In my
soeke na alternatiewe geurmiddels was kruie die natuurlike antwoord vir my en my gesin se etes. La Vie
Kruie het in 2018 begin as my stokperdjie en baie vining uitgebrei tot my besigheid. La Vie is ‘n Fraanse
word wat “lewe” beteken en vars kruie gee lewe omdat dit so gesond is.

Watter kruie produseer jy alles en wat voorsien jy aan Freshmark? Hoe groot is jou aanplanting?

Ons produseer Koljander, Mint, Pietersielie, Basiliekruid en Baba Spinasie as die grootste lyne. Franse
Grasuie, Tiemie, Italiaanse Pietersielie, Roket en Oreganum word ook gelewer. Ons verskaf Dille, Salie en Knoffel Grasuie op n kleiner skaal.

Vertel meer van Living Herbs. Hoekom is dit gesog onder verbruikers? En wat vereis dit van jou as
produsent?

Living Herbs is kruie wat in potjies geplant en verkoop word. Die verbruiker koop ‘n kruie plantjie wat hulle
kan sny en gebruik tot dit weer groei, dus is die naam Living Herbs. Living Herbs is so gewild onder
verbruikers omdat hul ook die keuse het om dit dadelik uit te plant of dit kan selfs gebruik word nes dit
gekoop is. Ons lewer die volgende Living Herbs by Freshmark: Koljander, Mint, Pietersielie, Basieliekruid,
Roosmaryn, Tiemie en “Wheat Grass.”

Wat is jou gunsteling kruie?

Vars kruie is onvervangbaar in enige kosliefhebber se kombuis. Elke krui komplimenteer ‘n sekere
kossoort. My gunsteling krui is verseker salie wat gerooster word in botter en saam met Gnocchi bedien
word. La Vie Kruie het ‘n boekie saamgestel wat enige kosliefhebber leiding gee om te weet watter krui om by watter kossoorte te gebruik. Die boekie is vir enige persoon wat elke dag kosmaak vir hul geliefdesKruie is ons geskenk uit die natuur en is hier om elke dag in elke gereg geniet te word.

Hoekom is organiese produksie vir jou belangrik? Watter organiese beginsels volg julle?

Organiese produksie is die heel belangrikste faset van my boerdery. Dit is vir my baie belangrik om ons
land se kosbare insekte en bye te beskerm. Ons spuit geen gifstowwe op die plantjies nie en ons gebruik
organiese kunsmis. Lemoenolie word gebruik om plae te beheer.

Watter rol speel jou omgewing in jou sukses? Watter klimaatsvereistes het kruie? Boer jy in tonnels/kweekhuise? Wat is die voordele hiervan?

Die droeë, warm klimaat van die Vrystaat bied die regte omstandigehede vir kruie. Ek groei die Living
Herbs in my tonnel en verseker so dat hulle die regte hoeveelhede water en sonlig ontvang. Minitonnels
word al vanaf die 1800s in Euoropa gebruik en is oorspronklik Cloches tunnels genoem. Ons plaas is
langs die N1 in die Vrystaat geleë en dus kan Freshmark se vragmotor die kruie op ons plaas oplaai. Dit
hou natuurlik my uitgawes laag aangesien ek minimale afleweringskostes het.

Is kruieboerdery arbeidsintensief? Hoeveel mense neem jy in diens op die plaas en pakhuis?

Kruieboerdery is baie arbeidsintensief. Die kruie word met die hand geoes, daarna word dit afgespoel en
as dit droog is word dit in sakkies gepak. La Vie kruie neem 15 tydelike werkers in diens. Dit is vir my n
groot voorreg om by te dra tot werkskepping in ons land.

Wat is jou uitdagings as kruieboer?

Die grootste uitdaging is om seker te maak dat my kruie in n optimale toestand is wanneer hulle gelewer moet word. Nog n uitdaging is om die regte hoeveelheid kruie op die regte tyd te hê om minimale surplusse en tekorte in my boerdery te verseker. Vraag en aabod is seisoenaal en die hoeveelheid kruie wat ek lewer fluktueer in pas daarmee.

Wat geniet jy die meeste van jou boerdery?

Dit bly vir my ‘n groot wonderwerk om saad te sien groei in ‘n pragtige, gesonde plantjie. Ek geniet dit om
La Vie Kruie se vars produkte op die rak te sien sodra ek by Checkers instap.

Wat is jou gunsteling manier om kruie in die kombuis te gebruik?

Ek maak graag my eie Kruieslaaisous vir ons gesin. Die slaaisous bevat 5 verskillende soorte vars kruie.